Moord op Lake Panic (Sagteband, 400 pg) Leon van Nierop – out of print

‘n Who-dunnit wat naelbytspanning belowe. ‘n Handvol sjefs by ‘n meesterklas in die boendoes. ‘n Vrou se lyk in die meer. ‘n Privaat speurder wat moet sê: Wie het sy mes in vir wie? Lake Panic is die perfekte plek vir ‘n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ‘n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ‘n man met ‘n verlede. Beer het sy hande vol met: Sophia da Silva, ‘n eks-sepiester wat ‘n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, Otto en Lily Clement, ‘n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat. Wie het ‘n moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?

Leon van Nierop

R300.00

Out of stock

SKU: 9781485904786

Description