My jaar van vrees en vryheid (Augustus 2025, Sagteband, 288 pg) Marita van der Vyver

My jaar van vrees en vryheid is ’n reisverhaal oor die sprongjaar in Marita van der Vyver se lewe. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe van een van Afrikaans se heel grootste skrywers ontgin. Soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan verkry.

Lees meer hieronder.

Marita van der Vyver

R350.00

Available on back-order

Description

Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.

Die skrywer: Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voor haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos ​Dis koue kos, skat​, ​Die dinge van ’n kind ​en ​Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.