My voete loop na Wellington (Afrikaans, Paperback, 159 pg)

’n Keur uit sketse wat in Beeld, Die Volksblad, De Kat en Rooi Rose verskyn het waarin die leser op reis geneem word: nie net na plaaslike betsemmings soos Pelgrimrus, Paternoster en Namibie nie, maar ook na eksotiese plekke soos die Skotse Hooglande, Buenos Aires en die Griekse eilande.  Sien hieronder vir meer ….

Riana Scheepers

R170.00

Available on back-order

Description

In hierdie bundel opwindende sketse neem die veelbekroonde skrywer, Riana Scheepers, haar lesers op reis: na Pelgrimsrus; die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge; Paternoster aan die Weskus en Namibie. Sy reis ook verder: na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is. Die reise is te voet, per trein, per vliegtuig en selfs per besemstok! Scheepers het die vermoe om met die intimiteit van haar gewaarwordinge en die sensualiteit van haar belewenisse die leser deel te maak van reise na onbereikbare, ver plekke.