Nomadiese sterre (Sagteband, 88 pg, Poësie) Joan Hambidge

Nomadiese sterre bied ʼn terugkyk op Hambidge se net meer as 60 jaar en veral ʼn blik op haar plek in die Hambidge-huisgesin (soos in die gedigreeks “Witbank-Blues” waarmee die bundel afgesluit word). Dié blik word ’n lamentoso, ’n pynlike terugkyk (“Antigone”) en die “blues” ʼn tint wat die stemming van die bundel kleur. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ʼn duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ʼn eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel vreugde bied is die spel en dikwels speelse manier waarmee sy omgaan.”

Die verwysing na sterre in die titel open verwysingsvelde van sterre, gesterntes en swerwers

OOR DIE OUTEUR

Joan Hambidge het geen bekendstelling nodig nie. Sy is op 11 September 1956 in Aliwal-Noord gebore en is ‘ʼn Suid-Afrikaanse digter, akademikus en letterkundige kritikus. Sy is welbekend vir haar uit-die-kas-skryfstyl. Haar teoretiese bydraes handel meestal oor Roland Barthes, dekonstruksie, post-modernisme, psigoanalise en die metafisiese.

Vir haar tweede bundel, Bitterlemoene (1986), ontvang sy die Eugène Maraisprys vir letterkunde. Meer onlangs ontvang sy ook die Litera-prys vir haar poësie. Van hierdie prolifieke digter is al meer as 25 bundels uitgegee, onder andere by Protea.

Joan Hambidge

R220.00

Available on back-order

SKU: 9781485312635 Categories: , , , Tag:

Description