NV Junie: Mylpale vir kinderontwikkeling (Afrikaans, Paperback, 176 pg, Herdruk May 2022) Carla Grobler

Ouers van babas en klein kindertjies wonder gedurig of hul kinders hulle ontwikkelingsmylpale binne die verwagte tydperk bereik. Dit is belangrik om te onthou dat elke kind uniek is en dat geen twee kinders hierdie mylpale gelyktydig sal bereik nie. Mylpale vir kinderontwikkeling se doel is om ouers en opvoeders betyds te laat besef as ‘n kind se ontwikkeling agter sou raak.

Die boek dek sowat 30 vaardigheids-kategorieë, vir geboorte to 7 jaar; elke hoofstuk is in ouderdomsgroepe gerangskik met duidelike tekens en aspekte wat gemonitor kan word; bevat stimulerende ouderdomsgepaste aktiwiteite.

INHOUD
Inleiding; Beweging; Aktiwiteite van die daaglikse lewe; Kommunikasievaardighede; Kognitiewe vaardighede; Karaktertrekke/emosionele ontwikkeling; Speel; Balvaardighede; Koördinasie; Perseptuele ontwikkeling; Grepe en handfunksie; Basiese konsepte; Liggaamsbewustheid; Syferkonsep; Vormkonsep; Kleurkonsep; Grootte-konsep; Bou met boublokke; Werk met krale en ryg; Skêrhantering; Teken en verf; Prentlees; Skryf; Voeding en eet; Slaap; Voorsetsels; Sintuie; Tande; Ouderdomsgepaste stimulasie-aktiwiteite; Woordelys van terme; Aanbevole leesstof; Verwysings

DIE OUTEUR: Carla Grobler is ’n praktisyn in die gebied van arbeidsterapie en sy spesialiseer in pediatrie. Haar dienste sluit onder meer die volgende in: aktiwiteite om kinders te help om verwagte ontwikkelingsmylpale te bereik; beoordeling van skoolgereed-heid; behandeling van leerprobleme en funksionele evaluering en behandeling van kinders.

Carla Grobler

R160.00

Available on back-order

Description