Romanza – ‘n Ultimatum vir liefde (Sagteband, 192 pg) Corné van Rooyen

Kan tyd ‘n huwelik red? Lees meer hieronder.

Corné van Rooyen

R110.00

Available on back-order

Description

Kan tyd ‘n huwelik red?
Na die tragiese dood van hulle seuntjie in ‘n motorongeluk, moet Ruhan en Anika die stukkies van hulle lewe optel. Anika sukkel om hul kind se dood te verwerk en in die proses verstoot sy vir Ruhan en lei dit tot talle rusies
tussen hulle. Anika betrap vir Ruhan en sy sekretaresse in ‘n hartstogtelike omhelsing. Sy dagvaar hom vir ′n egskeiding, nét toe die president die lansdwye inperking aankondig. Ruhan stel Anika voor ‘n ultimatum: hy sal instem tot die egskeiding as sy na die inperkingstyd steeds dieselfde voel. Sy stem teësinning in, maar haar kuldgevoel, rou en onsekerhede bly egter tussen hulle kom en vergemaklik nie hulle verhouding nie. Gaan Ruhan dit regkry om Anika te oortuig hoe lief hy haar het, of is sy pogings tevergeefs?

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. In hierdie passievolle romanse word die uitdagings van ‘n huwelik deeglik aangeraak en die invloed wat dit op beide ‘n man en ‘n vrou het.