NV September: Die verkeerde vrou – Ami Prinsloo: Boek 2 (Sagteband, 336 pg) Irma Venter

Dis Vrydagnag in Johannesburg en Liela Oloffson het verdwyn. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou volg op Minder As Niks, maar kan ook alleen gelees word. Lees meer hieronder.

Irma Venter

R330.00

Available on back-order

Description

Liela Oloffson se ouers is in ’n huisbrand oorlede toe sy tien jaar oud was, maar vandag het sy alles wat meeste mense begeer. Skoonheid, roem, en ’n blink loopbaan as aktrise. Maar dan verdwyn sy een Vrydagnag spoorloos en kaptein Kgomotso vra gesoute misdaadjoernalis Ami Prinsloo se hulp. 

Soos ’n bloedhond volg Ami Liela se spoor van waar sy laas by ’n Engen-garage in Johannesburg gesien is. Maar waarom lyk dit op die CCTV-kamera of Liela alleen van die garage wegry? Kruip Liela weg of is sy gekaap? Of dalk ontvoer? En waaroor het sy en haar verloofde so hewig baklei net voor sy verdwyn het?

Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in Irma Venter se nuwe reeks met misdaadjoernalis Ami Prinsloo as hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou volg op Minder As Niks, maar kan ook alleen gelees word.