Patmos (Junie 2025, Sagteband, 160 pg, Roman) Willem Anker

Wenner van die Hertzogprys vir sy roman Buys.

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie.

Lees meer hieronder.

Willem Anker

R320.00

Available on back-order

SKU: 9780795803024 Categories: , , Brand:

Description

Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike “nou” ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Die skrywer: Prof. Willem Anker doseer kreatiewe skryfkunde. Siegfried (2007) ontvang die UJ-debuut- en Jan Rabie/Rapportprys. Buys (2014) is met die WA Hofmeyr, UJ-, kykNET-Rapport-, Helgaard Steyn- en Hertzogprys bekroon. Red Dog (2018) was op die International Booker-langlys. Skepsel (2020) ontvang die UJ-prys, kykNET-Rapportprys en ATKV-Woordveertjie.