Sale!

Rateltaai: Ethienne Reynecke se tragedie en triomf (Sagteband, 160 pg) Tinus van Staden – out of print

In 2018 het die doodsengel drie keer aan die oudrugbyspeler Ethienne Reynecke se deur geklop. Hy het geweier om oop te maak – toe sy milt bars, toe hy ‘n beroerte gehad het en toe hy in die agterkop geskiet is. Boonop, ná ‘n egskeiding daardie jaar, het sy twee liefingdogters na ‘n ander stad verhuis. Die noodlot het sy spraakvermoë gesteel en hom sy werk as kommentator by SuperSport gekos. Dit het hom, soos Reynecke dit stel, in ‘n pampoen verander. Maar het hy geweier om bes te gee. Dit was ‘n stryd om sy krag en woorde te herwin. Tussendeur moes hy pa wees vir jong dogters. Hulle en sy vriende het hom gehelp om ná elke hamerhou op te staan. Minder as twee jaar later, in Maart 2020, word Reynecke die Suid-Afrikaanse ligswaargewig-amateurkampioen in gemengde gevegskuns (MMA). Hierdie is die storie van hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur. In hierdie boek, wat met Reynecke se samewerking geskryf is, word ‘n boodskap van hoop en bemoediging tuisgebring. Onder andere praat Reynecke en ander beroerte-oorlewendes praat oor die herstelproses. Die boek bied ook ‘n binneblik op die wêrelde van beroepsrugby en gemengde gevegskuns, en Reynecke en sielkundiges praat oor wat dit verg om die oorgangsfase van beroepsport na die lewe ná sport te maak. Bekendes uit die rugbywêreld deel ook hul herinneringe en indrukke. Dit sluit in John Smit, AJ Venter, Gcobani Bobo, Ernst Joubert, Roland Bernard, Anton van Zyl, Cobus Grobbelaar, en Eugene “Loffie” Eloff.

Tinus van Staden

Original price was: R240.00.Current price is: R100.00.

Available on back-order

SKU: 9780639602233

Description