Romanza: Winternag – OUT OF PRINT

Winternag is deel van ‘n trilogie wat handel oor die mense van Groeneweide.

Madelie Human

R95.00

Out of stock

SKU: 9780639605159 Category:

Description

Hy is in die winter van sy lewe, maar sy is soos ‘n ontembare vuur … Belinda Behrens is ‘n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en ‘n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy heldergroen oë haar net nie uitlos nie. Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee vir hom elke dag ‘n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is daar hoop. Madelie Human gebruik godsdiens op ‘n manier wat nie die liefdesverhaal bederf nie, maar dit eerder verdiep. Daarby inkorporeer sy sosio-ekonomiese probleme soos droogte om bewustheid te skep van die situasie waarin boere hulself bevind. Winternag is deel van ‘n trilogie wat handel oor die mense van Groeneweide.