Skuldig (Januarie 2026, Sagteband, 366 pg, Heruitgawe) Martin Steyn

“Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys?”

Met sy tweede boek, Skuldig, bevestig Martin Steyn wat lesers van sy debuutboek vermoed het; dat hy een van die mees treffende en oorspronklike stemme in die spanningsgenre is. Skuldig was die wenner van die 2016 ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur en, met ’n raaiselagtige reeks moorde, ’n oënskynlik onoplosbare saak, ’n gemeenskap vol geheime, en ’n hardegat speurder wat deur dit alles moet sny opsoek na antwoorde, bied Skuldig alles wat lesers soek.

Lees meer hieronder.

Martin Steyn

R350.00

Available on back-order

SKU: 9781779860446 Categories: , , Brand:

Description

’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien? Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan Menck eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?