So byna blou (Kortverhale)

Emile Joubert

R225.00

Available on back-order

SKU: 9781485311492 Categories: , , ,

Description

So byna blou is voormalige joernalis Emile Joubert se derde kortverhaalbundel. Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is afstand tussen mense en die onvermoë om werklik kontak met ander te maak. Meeste van die karakters is welgestelde wêreldburgers wat reis, professionele mense, skrywers, uitgewers, joernaliste, fotograwe, elkeen in problematiese verhouding met sy of haar medemens. Daar is verwysings na talle noodlottige liefdesverhoudings, affairs, vreemdelinge wat mekaar in ‘n hotel ontmoet, etes in duur restaurante, bloedskande, die Seepunt-promenade, Kaapstad, Parys, vergiftiging op ‘n portplaas in Portugal, die wreek van ‘n geliefde se dood. Elke karakter is in wese ‘n geïsoleerde figuur wat ‘n waterskeidingsoomblik beleef waarin sy of haar lewe onvermydelik verander.

OOR DIE OUTEUR
Emile Joubert is ‘n voormalige joernalis van Die Burger en Beeld, wat tans werk as bemarkingkonsultant in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hy is gebore in Kaapstad, waar hy nog steeds woon, en het sy skool- en universiteitsopleiding ontvang op Stellenbosch. Sy dagtaak is die bestuur en bedryf van kommunikasieprogramme vir van die land se voorste wynkelders, en Emile skryf steeds rubrieke en artikels oor wyn en algemene sake vir ‘n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse publikasies. As fiksieskrywer het hy gedebuteer in 2000 met die kortverhaalbundel Die Aptyt van Anna Blow, gevolg deur die bundel Kouefront asook twee niefiksie publikasies oor onderskeidelik hengel en wyn.