Description
Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat skaterlag, dieper oor die lewe te laat besin, en jou wegvoer na ander tye en plekke.
Stories vir die siel: Inspirerende kortverhale is ‘n unieke versameling van kortverhale en saamgestel uit bydraes van bekende skrywers, asook verskeie debuutskrywers. Laasgenoemde het deelgeneem aan die LUCA kortverhaalkompetisie wat daarop gerig was om aspirantskrywers blootstelling te gee.
Die resultaat is ‘n verskeidenheid van uiteenlopende stories wat om geloof wentel met die doel om hoop en lig vir die leser te bring.





