Swartval (Maart 2026, Sagteband, 360 pg, Heruitgawe) Martin Steyn

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat.
Vir haar.

Lees meer hieronder.

Martin Steyn

R350.00

Available on back-order

SKU: 9781779860484 Categories: , , Brand:

Description

En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

DIE SKRYWER: Martin Steyn is een van die gewildste spanningsverhaalskrywers in Suid-Afrika. Hy is bekend daarvoor dat hy intrige, spanning en komplekse karakters op meesterlike wyse verweef. Ná sy bekroonde debuutroman, Donker spoor, het Skuldig, Swartval, Losprys en Donker water almal die topverkoperlyste gehaal.