Ten Slotte (Oktober 2025, Sagteband, 336 pg) Eben Etzebeth

Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard.

Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel ’n deurslaggewende rol in ’n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar.

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van ’n merkwaardige sportloopbaan.

Lees meer hieronder.

Eben Etzebeth

R380.00

Available on back-order

Description

Eben Etzebeth is bekend as een van die hardebaarde van rugby. Met meer Springbok-toetse as enige ander speler, het hy al menige houe uitgedeel én ontvang. Maar hy het ook sy pad in die harte van Suid-Afrikaners gevind met sy veggees en “gee-nooit-op” houding.

In Ten Slotte gaan Etzebeth sy leërskare aanhangers verder verras en verheug. Dis ’n eerlike en ontwapenende weergawe van sy vroeë dae – toe hy nie eens die A-span op hoërskool gehaal het nie – tot sy 13 jaar en 131 toetse as slot in die groen-en-goud trui.

Ten Slotte is veel meer as net ’n samevatting van wedstryde. Etzebeth deel sy sterk belangstelling in strategie en afrigting, die kwotastelsel en leierskap, en die rol wat die Springbokke speel in die vereniging van Suid-Afrika. Hy gee ook waardevolle insigte oor baie van sy spanmaats, veral sy noue band met Siya Kolisi, asook oor sommige van sy teenstanders.

Etzebeth skroom nie om omstrede sake aan te spreek nie, en hy gee sy weergawe van die ‘Langebaan-insident’ wat byna sy insluiting in die span in 2019 ontspoor het.

Hierdie is die inspirerende verhaal van ’n man wat van voor af gelei het en teen die beste in die wêreld gespeel het.

Also available in English – Unlocked.