Tot By Die Maan En Terug: Baxterfamilie-roman 3 (Sagteband, 288 pg) Karen Kingsbury

Uit druk – laaste kopie.

Brady Bradshaw was ’n kind toe sy ma in die Oklahoma City-bomaanval gesterf het. Elke jaar besoek Brady die gedenkterrein op die herdenking. Dit is op dié dag meer as ’n dekade tevore dat hy Jenna Phillips ontmoet het. Sy was ook ’n kind toe haar ouers in die bomaanval dood is. Brady en Jenna het ’n diep hartsverbintenis ervaar en ’n enkele onvergeetlike dag saam deurgebring by die gedenkterrein. Brady het Jenna daarna nooit weer gesien nie, maar elke jaar wanneer hy terugkeer, los hy vir haar ’n brief in die hoop dat hy haar weer sal vind.

Hierdie jaar gaan Ashley Baxter Blake en haar suster Kari Baxter Taylor saam met hul gesinne op reis, en dit sluit ’n besoek aan die bekende Herdenkingsboom in Oklahoma City in. Daar sien Ashley ’n jong man raak, alleen en mismoedig. Daardie jong man is Brady Bradshaw. ’n Toevallige ontmoeting lei daartoe dat Ashley vir Brady help om Jenna te vind – die meisie wat hy nie kan vergeet nie. Tot by die maan en terug is innig emosioneel en pragtig romanties; ’n onwaarskynlike liefdesverhaal oor vergifnis, genesing, hoop en die geloof dat ’n nuwe môre uit die as van ’n gebroke gister kan groei.

Karen Kingsbury

R220.00

Out of stock

Description