Twyfelbos (Mei 2025, Sagteband, 288 pg) François Loots

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat tydens die vroeë agtienhonderds in die Overberge afspeel. Dit is ook ’n outydse speurverhaal wat die intriges van die gereg sowel as die liefde blootlê. Puik nagevors en geskryf deur ’n fyn stilis.

Lees meer hieronder.

François Loots

R350.00

Available on back-order

Description

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds.

Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans.

Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor.

Die skrywer: François Loots is in Prieska gebore en het in die Karoo grootgeword. Ná skool studeer hy sielkunde, Engels en Duits. Hy werk in landelike ontwikkeling en die onderwys, beide in SA en in die buiteland. Hy woon tans in Kaapstad en werk in die media.