Valskermbataljon-verhale (Julie 2025, Sagteband, 260 pg) Mike Bolhuis

Valskermbataljon-verhale is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.

Lees meer hieronder.

Mike Bolhuis

R275.00

Available on back-order

SKU: 9781067234621 Categories: , , Brand:

Description

Eerlike, rou en op-die-man-af-stories geskryf deur manne van dié elite-eenheid oor oomblikke wat hulle nooit sal vergeet nie.

Valskermbataljon-verhale laat hul ervarings lewe soos net hulle dit onthou en geskryf het.

Hierdie is ‘n boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.

Die skrywer: Mike Bolhuis was ‘n lid van die Valskermbataljon en is ook ’n bekende Suid-Afrikaanse privaat ondersoeker en die stigter van Specialised Security Services (S.S.S.). Met meer as 35 jaar ondervinding het hy ‘n formidabele reputasie opgebou vir sy doeltreffende hantering van ernstige geweldsmisdade, ekonomiese en kubermisdaad.
Sy organisasie staan bekend as die “laaste uitweg” vir sake wat ander instansies nie kan oplos nie. Sy Christelike waardes vorm die grondslag van sy werk en hy beywer hom vir die rehabilitasie van misdaadslagoffers. Sy onwrikbare toewyding het hom gevestig as ‘n baanbreker in die stryd teen misdaad.