Ver Wink Die Suiderkruis (September 2023, Herdruk, Tussen stasies trilogie 1 van 3, 544 pg) Irma Joubert

Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wêreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate is ryk John Woodroffe se dogter en Bernard Neethling is ‘n mynwerker. Haar pa gee opdrag dat Bernard haar oppas terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hy leer haar hart vlieg, laat ‘n warm vreugde diep in haar oopbreek.  Lees meer hieronder.

Irma Joubert

R350.00

Available on back-order

SKU: 9780799364040 Categories: , , Tag:

Description

Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.