Waterman (Augustus 2025, Sagteband, 96 pg, Poësie) Herman Wasserman

’n Toeganklike, innemende bundel waarin die digter in soepel, gevoelige taal sy persoonlike ervarings verwoord én in gesprek tree met digters wat hom voorafgegaan het.

Lees meer hieronder.

Herman Wasserman

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780795803048 Categories: , , Brand:

Description

Die verse skroom nie om eerlik én openhartig om te gaan met sowel diep persoonlike belewenisse of maatskaplike en politieke kwessies nie, en telkens te verras met vernuwende perspektiewe.

Water dien deurgaans as ’n metafoor vir vloei, verandering en aanpasbaarheid – die noodsaaklike element vir lewe in ’n digterlike heelal.

Die skrywer: Herman Wasserman is hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het reeds wyd gepubliseer oor mediasake in Afrika. Voorheen was hy professor in mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is ook bekend vir sy fiksieskryfwerk, hoofsaaklik kortverhale. Waterman is sy debuut-digbundel. Hy woon in Pinelands.