Description
Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste.
Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word.
Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar ‘n probleem kan wees!
Oorspronklik gepubliseer in 2011.





