Sale!

Willemien – Davelvroue 2 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. Willemien speel af in 1909, en wys die impak van die oorlog wat lesers in die vorige boek, Tamara, sien uitspeel het. As ’n kind van die konsentrasiekampe is dit vir Willemien onuithoudbaar dat sy op ’n Ier verlief kon raak. Die seer van die oorlog lê nog te vlak, en daar was nog nie naastenby genoeg water onder daai brug vir die gemeenskap om die vyand nou in hul midde te aanvaar nie. Lees meer hieronder.

Chanette Paul

Original price was: R280.00.Current price is: R260.00.

Available on back-order

Description

Haat vir die vyand en liefde vir haar taal skrei teen die keuse van haar hart.

Sy’s ’n konsentrasiekampkind. Hy’s ’n Ier, wat vir haar maar dieselfde is as ’n Engelsman. ’n Kakie.

Haar bitterheid kan Willemien nie onderdruk nie. Haat, soms. Hy’s ’n moordenaar van haar mense. Hoe kan sy hom liefhê?

Maar hoe kan sy nie? Aidan Connelly was vir haar voorbestem. Van voor die skepping. So wéét haar hart, haar lyf. Maar haar verstand hou vas aan die onreg aan haar mense, die ellende, die sterftes.

Sy sal Theron kies, taalstryder, patriot.

Maar tweede beste, waarsku dié wat weet haar, bring net hartseer mee. Dit sien sy ook. Sy wéét dat sy vir ewig met die pyn van haar verlies sal moet saamleef. Maar hoe?