Description
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van ’n ekskollega begin ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net ’n dwelmverwante verdwyning skuil. Van die Kaapse ganglands tot die Kruger-wildtuin se renosterstropers; tussen ’n grieselige hoewe en die glanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi Els se vrou is visvoer.





