Description
Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.
By haar broer op sy wildreservaat, Enigma, ontmoet sy vir Phillip de Necker, ’n aantreklike blonde veearts met die mooiste blou oë.
Phillip doen snaakse dinge aan haar. Hy maak haar woedend, laat haar lag en vir die eerste keer in jare voel sy spesiaal. Sy’t nie liefde kom soek nie, maar sy kan dit ook nie ontwyk nie. Gaan die liefde die som van haar lewe laat klop?
DIE SKRYWER: Corné was as jong meisie op Paulpietersburg al baie lief vir lees en het as tiener gedroom oor die dag wanneer sy haar eie boeke op winkelrakke sou sien. In 2016 is haar droom bewaarheid toe haar eerste roman, Testament van Liefde, gepubliseer is. Sedertdien, het verskeie ander boeke gevolg. Sy glo ’n goeie romanse bied jou ontvlugting wanneer jy dit die nodigste het. Dit laat jou nog glo in die mooi van die lewe. Corné wen haar eerste Woordveertjie in 2023 met ‘n Ultimatum vir liefde.





