Description
Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie jonger sibbe. Hy het nie ty d vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise, sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike pad met ’n stukk ende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai en neem haar , ter wille van haar veiligheid, saam met hom.
Renise het ’n donker geheim wat niemand dur f uitvind nie, veral nie Charl nie.
Sal hul liefde hier die nuwe toets deurstaan?





