Description
Ná ‘n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans. Tot sy een aand op aandrang van haar vriendinne ‘n spoedafspraak-geleentheid bywoon en vir Jacques ontmoet.
Jacques is aantreklik, selfversekerd en laat haar hart vinnig klop. Ná sy egskeiding, het hy net op sy werk gefokus, maar ‘n ligte hartaanval het hom sy prioriteite laat heroorweeg.
Van die eerste ontmoeting spat die vonke tussen Riana en Jacques. Maar kan hulle dit waag om weer te vertrou en lief te hê?
Die skrywer: Louise van der Merwe is van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Sy is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig ná drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale en is ’n
gebore romantikus.





