LIEFSTE BUURMEISIE (Januarie 2026, Sagteband, 192 pg, Romanza Modern) Magda Schmidt

Sal sy hul liefde ‘n tweede kans gee?

Lees meer hieronder.

 

Magda Schmidt

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781779871343 Categories: , , , Brand:

Description

Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas. Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk, maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou.

Nou is hy ná vyf jaar terug in die distrik en verbasend genoeg steeds ongetroud. Wilmarié het met haar lewe aangegaan en die skoolhoof stel deesdae in haar belang.

Nou moet sy besluit of sy vir Dirk kan vergewe en of hulle weer vriende of dalk selfs meer kan wees.