NV Oktober Romanzas – 4 Boeke Bundel (Sagteband, 208 pg) Rina Cilliers, Elize Davies, Wilreza-Smit Theron, Lizelle Von Wielligh

Pienk tonic vir die liefde – Rina Cilliers –   Liefde kan soms ‘n onverwagse wending neem
Fea Furstenburg besluit impulsief om te bedank by die gewilde Wiehahn Dierekliniek. Ongelukkig lei dit daartoe dat haar verhouding met die skatryk Marius Wiehahn skipbreuk ly. Voordat sy die kliniek se stof finaal van haar voete afskud, ontmoet sy ‘n vreemdeling met blou oë en ‘n weerlose mond in ‘n perdestal wat ‘n vreemde emosie in haar wakker maak. Fea begin ‘n nuwe lewe as veearts in ‘n rehabilitasiesentrum op ‘n wildsplaas vol verrassings en uitdagende ervarings. Tot haar verbasing herken sy die aantreklike plaaseienaar, Steph, as die vreemdeling in die perdestal. Net toe hul verhouding begin ontwikkel, daag Marius skielik uit die bloute op en bied sy onvoorwaardelike liefde aan haar. Na ‘n vreesaanjaende nag tussen wilde diere en die bedrywighede van ‘n sindikaat wat vir Fea aan smokkelhandel verbind, kry sy sekerheid oor die liefde en aan wie haar hart behoort.
Allermooiste meisie – Elize Davies – Die pad na liefde is nie altyd maklik nie

Irma Vermeulen gaan Groenboskloof toe om ‘n nuwe lewe te begin nadat Henry Randall, aan wie sy ‘n kort rukkie verloof was, haar lewe vergal het. Almal verwelkom haar met ope arms, behalwe Werner, sal hy haar weergawe van die motorongeluk glo, of gaan dit hul pad na geluk verongeluk?

Getyeman – Wilreza Smit-Theron – Opregte liefde is onbreekbaar

Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ‘n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ‘n vinger verroer. Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?

‘n Tyd om te lag – Lizelle von Wielligh – Kan ‘n gebroke huwelik betyds gered word?

ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?

Elize Davies, Wilreza-Smit Theron, Lizelle Von Wielligh

R380.00

Out of stock

Description