Om ‘n hart te tem (September 2025, Sagteband, 192 pg, Romanza Plaas) Ciska Olivier

Sal die verlede hul toekoms bepaal?

Lees meer hieronder.

Ciska Olivier

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781779870933 Categories: , , , Brand:

Description

Dis twaalf jaar vandat Anika se pa afgedank is en hulle gesin van die Grahams se plaas af weggejaag is. Sy is seker die man wat haar as perdetemmer aangestel het besef nie wie sy is nie, en dit is goed. Sy is terug vir vergelding.

Dis tyd dat die hoogmoedige Grahams besef hulle is nie beter as enigiemand anders nie. Veral die oudste seun, Ian. As sy hom tot ‘n val kan bring, kan sy weer begin dink aan drome droom oor haar eie toekoms.

Maar die lewe loop soms onbeplande draaie …

Die skrywer: Ciska Olivier is ’n plaaskind van Namibië wat in haar eie wêreld van lees en skryf geleef het totdat sy haar eie storieboekheld ontmoet het. Hulle is lief vir kampeer, visvang en om nuwe plekke te ontdek. Dis op hulle omswerwinge waar Ciska dikwels inspirasie kry vir nuwe verhale.