Romanza Maart 2023: MY GELIEFDE WAG IN UMBRIË (Sagteband, 192 pg) MALENE BREYTENBACH

Nou beskikbaar.  Voor jou het ek nie liefde geken nie … lees meer hieronder.

MALENE BREYTENBACH

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776358786 Categories: , , , Tags: ,

Description

As die enigste oorlewende erfgenaam van kinderlose alleenloper Contessa Gabriella di Bartolli, erf wynmaker Gabriella Armitage die wynplaas en herehuis in Umbrië, Italië. Die herehuis is egter vervalle en die plaas produseer nie meer wyn nie
.
Gabriella besluit om die eiedom te restoureer, behalwe vir die stuk grond wat haar groottante aan die skatryk en arrogante Conte Eduardo Antoneschi van die buurlandgoed, Montebello, verhuur het. Gabriella is verplig om die kontrak te hernu, al word sy deur die
Antoneschi’s as ’n onwelkome inkommer en vreemdeling beskou.

Ten spyte van vele probleme wat opduik en die vonke laat spat, bly die aantrekkingskrag tussen Gabriella en Eduardo onmiskenbaar. Gaan twee hardkoppige harte mekaar kan vind?

Oor die skrywer: Malene Breytenbach woon in Stellenbosch. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gewerk toe haar eerste romanse, Palmyra Herleef, in 2005 deur LAPA Uitgewers gepubliseer is. Sedertdien is meer as vyftig romanses (kontemporêr, medies en histories) deur LAPA en Tafelberg (NB) Uitgewers gepubliseer. Tans skryf sy voltyds. Malene skryf ook romans, kortverhale in bundels en trydskrifte, en sy resenseer boeke vir HelderbergFM.