Romanza Stoom 18+: Hoe om ‘n hart te steel (Mei 2023, Sagteband, 192 pg) Didi Potgieter

Nou beskikbaar. Hoe om ‘n hart te steel is die tweede titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.  Lees meer hieronder.

Didi Potgieter

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781776359226 Categories: , , , Tag:

Description

Donner, Milan,” sê hy en lig sy kop effens. “Ek kan aan niks anders as jy dink nie.”
Hy gee nog ‘n tree nader en sy kan sien sy oë is definitief die kleur van tropiese woude. “Nie solank as wat die begeerte net begeerte bly nie.” Shit, sy dink nie haar longe kan meer werk nie. “Hoe raak ‘n mens daarvan ontslae?” Hierdie keer is sy die een wat nader staan. Dis ‘n fout, want sy kan sy hitte teen haar voel. “Soos jy van enige honger ontslae raak. Jy eet tot jy versadig is.”

Binne ‘n kwessie van ‘n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom. Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie. Die vonk tussen hulle word vinnig ‘n vuur, en Milan wonder of sy ooit ‘n man soos Albert se hart sal kan steel.

Hoe om ‘n hart te steel is die tweede titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.