YOLANDI VAN ROOIBOS (November 2025, Sagteband, 192 pg, Romanza Stoom 18+) Jaco Versfeld

Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma is en Kruger haar hoërskoolliefde.

Gou is haar loopbaan aan skerwe en haar lewe word deur ’n klomp booswigte bedreig. Haar romanse met Kruger vlam weer op, tot sy ontdek dat hy en haar familie jare lank vir haar gejok het oor sy
verdwyning. Kan sy hom weer vertrou?

Lees meer hieronder.

Jaco Versfeld

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781779870957 Categories: , , , Brand:

Description

Asems jaag. Stoom styg teen die stort se glas op tot teen die dak.

“Kruger.” Sy kreun sy naam uit.
“My lief?” Die woorde kom tussen diep asemteue uit.
“Maak my joune.” Kruger se kreun breek die laaste stuwing in haar en vir die tweede keer tuimel sy oor die afgrond. Dié keer nie alleen nie, maar saam met die man in haar arms.

Hoe lank hulle só gestaan het met haar voete steeds agter sy rug ingehaak weet sy nie, maar eers toe Kruger haar teen die stortmuur laat terugleun maak sy haar oë oop. Kruger se kykers is swart waar dit diep in haar siel instaar. ‘n Uitdrukking van tevredenheid daarin.

“Is jy lief vir my?”

Haar oë soek na enige sweempie van ‘n leuen in syne. Sy sien dit nie toe hy antwoord nie.

“Van nog altyd af.”