Description
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?
Die skrywer: Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis. Sy romans is al vyf maal bekroon met die ATKV-prys vir spanningslektuur, en vier maal met die die ATKV-prosaprys. Vir Op pad na Moormansgat ontvang hy ook die kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys.





