Boytjie (Julie 2024, Sagteband, 224 pg) Johnny Davids

Johnny Davids word groot op die Kaapse vlakte. As jong seun besluit hy hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat in vir ‘n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af.  Vandag is Johnny ‘n suksesvolle sportaanbieder. Sy verhaal gee aan elkeen van ons krag om aan te gaan en om te droom dat dinge vir ons kan beter wees.

Lees meer hieronder.

Johnny Davids

R280.00

Available on back-order

Description

Johnny Davids se ma het hom by sy dowe ouma en haar bedorwe jongste seun gaan aflaai in Kleinvlei. Hier het Johnny sleg deurgeloop onder sy oom se vuiste en eendag het Johnny besluit hy het genoeg gehad. Hy steel trein Wellington toe. By die Barons in Wellington ervaar hy vir die eerste keer liefde en begin heelword in ‘n warm huisomgewing. Die Barons help hom om in kontak te kom met sy pa se familie in Walvisbaai. In Walvisbaai leer Johnny om mens te wees, in ‘n omgewing waar mense na mekaar kyk en lief is vir mekaar.

Johnny en sy sangmaat Vivian skryf in vir Zing, kykNET se sangrealisteitskompetisie vir duos. Hulle wen uiteindelik en begin ‘n nuwe lewe in Johannesburg.

Vandag is Johnny ‘n suksesvolle televisie- en sportaanbieder, getroud met Liezel, pa van drie seuns.