Déjà vu (September 2025, Sagteband, 500 pg) Chanette Paul

Chanette Paul is die topverkoperskrywer van treffers soos Murasie en AnoniemDéjà vu bevat ’n lekker mengsel van romanse, geskiedenis en spanning. Die inspirasie vir die verhaal is geïnspireer deur ’n regte familie, maar die roman se gegewens is fiktief.

“Eers verdrink die oudste Sheldon-kleinkind, en ʼn paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.”

Lees meer hieronder.

Chanette Paul

R360.00

Available on back-order

Description

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders …

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.