Troep! – Die dinge wat hulle saamdra (September 2024, Sagteband, 352 pg) Bun Booyens

“…dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie”

In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Lees meer hieronder.

Bun Booyens

R320.00

Available on back-order

Description

In Troep! vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin lê stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel – en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie.

Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Die boek bevat persoonlike stories van meer as 100 Grensoorlogveterane en hul familielede en die teks word vergesel met illustrasies van voorwerpe en tonele wat die oorlog oproep.

DIE SKRYWER
Bun Booyens was die stigtersredakteur van die reistydskrif Weg! en redakteur van die dagblad Die Burger. Hy is die samesteller van die eeufeesboek Die Burger 100– Sy Mense en Hul Stories (2016), 50 jaar met Fred (2020), oor die spotprentkunstenaar Fred Mouton, en Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ’n Outistiese Seun (2021). Hy was ’n voetsoldaat tydens diensplig en werk tans as ’n vryskutjoernalis.