Valsrivier (Sagteband, 208 pg) Dominique Botha

Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.  Lees meer hieronder.

Dominique Botha

R240.00

Available on back-order

SKU: 9781415207468 Categories: ,

Description

“Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.”

Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak.

Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling.

Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet.

Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.