Weerskyn – Gedigte (Sagteband) Alwyn Roux

‘n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

Lees meer hieronder.

Alwyn Roux

R220.00

Available on back-order

SKU: 9781485315438 Categories: , Tag: Brand:

Description

Oor die dood van sy pa skryf hy die volgende:

Skielik is daar minder oor van my as vroeër
ter nagedagtenis aan my pa (1952-2020)

Skielik is daar minder oor van my as vroeër
dit vermoed ek ná my pa se dood
dat hy in lewe ook aan my behoort het
soos elke ander ding op aarde: skemer,
sterre, wolke, genade. Dat die bontrugwewer
voortdurend nuwe nessies bou
aan takke van die luiperdboom
‘n sekere wanhopigheid ná die soveelste keer
uitmekaargehaal. Of die lokroep van sy lied,
omdat daar in sy bors ‘n melodie verrys
waartoe die vlegwerk van sy vlyt kan vergelyk,
‘n roep is ingestem tot dié wat dit hoor –
want skielik is daar minder oor van my as vroeër
dit herken ek aan sy stil vertrek die naggrens oor.

Die bundel bevat ook ‘n aantal herskrywings/bewerkings van bekende digters se werk. Charl-Pierre Naudé beskryf Roux as ‘n “diplomatiese stem van die rede in die moeilike en dissonante projek van transformasie in Suid-Afrika se kulturele veld”. Marni Bonthuys skryf die volgende oor sy “landskapportrette”: “Die oog van die digter is dikwels soos dié van ‘n kameralens wat landskapfoto’s neem […] Hierdie verse herinner aan Willem Pretorius-skilderye – realisties, nostalgies en melankolies. Ek vermoed lesers gaan daarby aanklank vind.”