Liewe Heksie: Leesboek 3

Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug! Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of selfleesstories vir 3 tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die bekende karakters in Blommeland op n nuwe, maar tog baie herkenbare manier uit.In Liewe Heksie: Leesboek 3 neem Liewe Heksie deel aan n donkieresies, pas sy Kwaaitjie se baba-boetie op en word sy en Koning Rosekrans deur die gifappeltjies ontvoer!Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

R160.00

Available on back-order

SKU: 9780798168946 Categories: ,

Description