Description
Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za.
Die skrywer: Aletha de Klerk het ’n graad in maatskaplike werk van die Universiteit van die Vrystaat en slaag haar Hoër Onderwysdiploma met lof. Sy werk as maatskaplike werker en onderrig tans Afrikaans addisionele taal aan die General Smuts High School. As onderwyser en skryfster streef sy om die addisionele taal-leerder se taalvaardighede te verbeter.





