Rooiborslaksman – ‘n Roman (Sagteband, 288 pg) Marinda van Zyl

Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal.

Marinda van Zyl

R330.00

Available on back-order

SKU: 9780624089544 Categories: , ,

Description

Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se epiese historiese roman Amraal.

In Rooiborslaksman word die negentiende­eeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse Suidwes­Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokke­epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg.