Sale!

Brida

“Maar hoe sal ek weet wie my sielsmaat is?”

Paulo Coelho Vertaler: Kobus Geldenhuys

R225.00 R215.00

1 in stock

SKU: 9781485310372 Categories: , , ,

Description

“Maar hoe sal ek weet wie my sielsmaat is?”
“Deur kanse te waag,” sê sy vir Brida. “Deur dit te waag om te misluk, teleurgestel en ontnugter te word, maar nooit jou soeke na liefde prys te gee nie. Solank jy aanhou soek, sal jy uiteindelik triomfeer.”

Dit is die storie van Brida, ‘n beeldskone jong Ierse meisie en haar soeke na kennis. Op haar reis ontmoet sy ‘n wyse man wat haar leer hoe om haar vrese te oorkom, en ‘n vrou wat haar leer hoe om te dans op die verborge musiek van die wêreld. Hulle kan sien dat sy oor ‘n gawe beskik, maar moet haar toelaat om haar eie ontdekkingsreis te onderneem.

Terwyl Brida na haar ware lotsbestemming in die lewe soek, sukkel sy om ‘n balans te vind tussen haar verhoudings en haar begeerte om haarself te transformeer.