Goeie dood wat saggies byt (Afrikaans, Paperback)

Vir Hilda is veeartsenykunde ‘n ongemaklike roeping, ‘n pynlike passie, ‘n tweesnydende swaard.

R210.00

Available on back-order

SKU: 9781485305477 Categories: , ,

Description

Vir Hilda is veeartsenykunde ‘n ongemaklike roeping, ‘n pynlike passie, ‘n tweesnydende swaard. Daar’s die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy ‘n positiewe verskil maak. Daar’s egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos ‘n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op ‘n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa – of haar ma! – van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie ‘n veearts kan wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van ‘n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.