Suster Lilian se babasorgboek

R355.00

Available on back-order

SKU: 9780798152914 Categories: ,

Description

Suster Lilian is ‘n alombekende en -beminde babasorgkenner. In die uitgawe van haar Babasorgboek spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak. Die titel word ingelei met ‘n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Suster Lilian help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak. Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid. Suster Lilian se boek is verseker van n plek op die rak van elke ouer wat werklik die beste moontlike ouer vir sy kind wil wees.