As Die Kat Weg Is … (Afrikaans, Paperback, 112 pg, 9+) Annette Herzog; Illustrated by Pe Grigo; Translated by Kobus Geldenhuys – out of print

Ontmoet vir Aristoteles, ’n kat met hope houding!

Aristoteles is ’n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi – hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag ’n hond vir haar verjaardag hê.

’n Hond!?! Watter verstandige agtjarige dogtertjie wil so ’n irriterende, keffende dierasie hê?

Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken – en hy gaan wegloop om sy punt te bewys.

Ongelukkig is die lewe van ’n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie …

Hierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel, en is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.

Annette Herzog; Illustrated by Pe Grigo; Translated by Kobus Geldenhuys

R170.00

Out of stock

SKU: 9780799388831 Categories: , , ,

Description