Die Lanternswaaier (Afrikaans, Paperback, 250 pg) S.D. Fourie

Die gebeure waarteen Die Lanternswaaier afspeel, is ’n tot dusver onontginde geskiedenis in Afrikaans. Die stranding van die Galera in 1892 op die rotse naby Danger Point gee aanleiding tot verskeie intriges. As jong meisie dwing Sophie Lourens se pa haar om saans ’n lantern te swaai. Hiermee lok sy skepe land toe sodat dit op die rotse loop en strandjutters op die inhoud kan buitmaak. ’n Matroos van so ’n sinkende skip vervloek die Lourens-gesin en hul nageslagte. In Die Lanternswaaier word die sondes van die (vele) vaders en hul skynheiligheid verken. Ou geraamtes klim uit die kas en die vloek van die matroos kom klop telkens aan elke opvolgende geslag se deur. Wat is Sophie se lot en kan sy enigsins hierdie vloek vryspring? En wie sal eindelik haar hart kan wen?

OOR DIE SKRYWER

SD Fourie is ’n boorling van die Strandveld, ’n streek in die Suidwes-Kaap wat strek vanaf die mond van die Kleinrivier tot by die mond van die Breederivier. Sy is ’n toergids en besit saam met haar man die Strandveld-museum op Franskraal. Sy woon by die see; daarom is haar stories vol wind, mis en seesproei. Die Dooies Leef is, nes haar debuutroman, Die Lanternswaaier, oor RSG voorgelees. Die Lanternswaaier het reeds ook in Nederlands verskyn.

S.D. Fourie

R220.00

Available on back-order

SKU: 9781485311423 Categories: , , ,

Description