Description
Die uitdagings wat hy in die gesig staar is veel erger as wat hy hom vooraf kon indink, veral toe hy gewond raak, en in ’n Ladysmith-hospitaal deur ’n beeldskone Afrikanerverpleegster, Rachel du Toit, versorg word. Hulle idilliese romanse word swaar beproef toe Rachel uit Ladysmith moet vlug en Jacks se bataljon in die Transvaal rondtrek om Kitchener se geskroeideaardebeleid uit te voer.
Die leser sal Jack se fisiese en emosionele beproewings tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog met ingehoue asem volg.





