Sale!

Die Taal Van Been (Afrikaans, Paperback, 198 pg, Literêre vorm, Roman) Heilna du Plooy

“Ons kan ‘n skedel lees. Hy praat met ons in sy eie taal.” ‘n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het.

Die taal van been is ‘n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil.

Dis tegelyk ‘n speurverhaal met ‘n politieke ondertoon, die storie van ‘n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en ‘n eiesoortige liefdesverhaal.

Uiteindelik gaan dit egter om veel meer.

Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.

Lees meer hieronder.

Heilna du Plooy

Original price was: R199.00.Current price is: R79.00.

1 in stock

Description

‘n Vroulike akademikus en skilder in haar middel-vyftigerjare, Carolien du Plessis, sit in haar woonkamer en lees koerant en kyk “met die een oog” na ‘n joernaalprogram op die televisie.

‘n Kenner van die forensiese patologie, kaptein Pieter de Klerk, verduidelik die moeisame proses om eers die skedel te reinig van alles wat aanhangsel is totdat net die been oorbly. Daarna word die skedel weer ewe moeisaam gerekonstrueer totdat dit menslike kontoere vertoon en by wyse van spreke as teken heenwys na die afwesige mens. Vervolgens toon De Klerk aan die kyker so ‘n gerekonstrueerde skedel. Dit is die reste van iemand wat ‘n slagoffer van ‘n misdaad was, maar wat nooit geïdentifiseer kon word nie.

Carolien merk met verbystering dat die opgeboude skedel sprekend lyk na ‘n man wat sy 15 jaar tevore vlugtig ontmoet het. Sy wil daardie tyd liefs nie onthou nie, vanweë die onrussituasie in Suid-Afrika in die negentigerjare, omdat sy toe in ‘n bestaanskrisis was, ‘n gespanne verhouding met haar man gehad het én ‘n besondere, hoewel kortstondige verhouding met die man wat sy glo sy herken, Jean, gehad het.

Carolien bel die televisie-omroeper, Amanda Louw, om meer uit te vind oor die skedel en die plek en omstandighede van die vonds. So begin sy met haar eie speurtog na Jean se lotgevalle, maar ook na ‘n moontlike verklaring vir aspekte van haar eie verlede.