LA, ‘n reis na die Lig (Sagteband C Formaat, 264 pg) Ansja Ferreira

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en toe sy begin draai, jaag ʼn motor in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis. Met bomenslike krag sleep sy Larissa uit die kar. Dan verloor sy haar bewussyn en sien van bo haarself en haar kinders op die sypaadjie lê. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg. Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terug. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

Ansja Ferreira

R240.00

Available on back-order

Description