NV Oktober: Ek onthou (Sagteband) Anton Müller

Anton se verhaal is enig in sysoort – pynlikeerlik, maar ontroerendmooi. Ditmaak die deur op ‘n skrefieoop opdie kleurrykebinnelewe van iemand metoutisme. Sy merkwaardigestorieverdien omgelees engedeelte word. – CORRIE MÜLLER (broer). Lees meer hieronder.

Anton Müller

R260.00

Available on back-order

Description

Anton Müller is in 1962 as driejarige met ‘n ernstige graad van outisme gediagnoseer en as “onopvoedbaar” geklassifiseer. Hy sou waarskynlik in ‘n inrigting geplaas moes word.
Sy ma het egter besluit dat Anton sy plek in die samelewing met waardigheid moes volstaan. Hy is in die “spesialeklas” van die plaaslike laerskool geplaas, waar sy lewensreis ‘n verrassende koers ingeslaan het.
‘n Groepie kinders het hom omarm – met Anton wat op sy beurt hulle lewens verryk het met sy unieke talente en sin vir humor. Drie jaar gelede het hy begin om sy herinneringe van die afgelope ses dekades neer te skryf.
Sy teks word aangevul met vertellings deur vriende, familielede en onderwysers. Enersyds gee dit ‘n blik op hoe iemand met outisme die “normale” wêreld ervaar; andersyds gee dit vir die buitestander ‘n kykie na die intense afgeslotenheid waarbinne ‘n outistiese mens leef.

Anton se verhaal is enig in sysoort – pynlikeerlik, maar ontroerendmooi. Ditmaak die deur op ‘n skrefieoop opdie kleurrykebinnelewe van iemand metoutisme. Sy merkwaardigestorieverdien omgelees engedeelte word. – CORRIE MÜLLER (broer)